OUERS

OUERS

Ons glo YouCanDoScience kan tot voordeel wees vir alle leerders. Leerders wat sukkel met wetenskap kan teen hul eie tempo leer, terwyl die vinnige en gretige leerder konsepte kan versterk en hul kennis kan toets.

Belê in jou kind se toekoms: Verbeter jou kind se begrip en kennis in Fisiese Wetenskap.
REGISTREER VANDAG!
ouers graphic
HOE KAN YOUCANDOSCIENCE JOU KIND HELP?
  • Leerders kan Fisiese Wetenskap bemeester teen hul eie tempo
  • Die individuele en hersienings Fisiese Wetenskap lesse maak dit gesik vir tuisonderrig
  • Die program is ideaal om werk op te vang wat ‘n kind in die skool gemis het
  • ‘n Kind moet nooit agter raak nie, want Fisiese Wetenskap is ‘n vak wat op vorige kennis gebou word
  • Die program kombineer die sien en hoor van Fisiese Wetenskap onderrig
  • Leerders kan die les stop, terug speel en herhaal soveel kere as wat hulle nodig het om die werk te verstaan, of om belangrike beginsels vas te lê
  • Ideaal vir skugter leerders wat huiwerig is om vrae in die klas te vra
  • Leerders kan op die tye wat hul pas wetenskap bemeester met ekstra klasse by die huis
  • Leerders kan enige tyd teruggaan na werk uit vorige jare om gapings in kennis en begrip aan te vul
  • Ideaal vir leerders met vol buitemuurse skedules
  • Alle inhoud is deur ervare Fisiese Wetenskap onderwysers ontwikkel
  • Alle inhoud is op die nuutste Suid Afrikaanse kurrikulum gebaseer
  • Die program dek alle werk wat vereis word vir Fisiese Wetenskap skool eksamens
HOE OM DIE PROGRAM OPTIMAAL TE BENUT
  • Moedig jou kind aan om die program gereeld te gebruik, nie net voor toetse en eksamens nie – Dit is baie beter om by te bly as om op te vang!
  • Begin met die program vroeg in die jaar– moet nie wag tot probleme opduik nie
  • Stel belang in jou kind se vorderingsverslag
  • Skep ‘n gemaklike omgewing vir jou kind om in te werk
  • Gebruik van oorfone sal konsentrasie verbeter
  • Jou kind moet ‘n pen en werkboek gebruik
  • Met harde werk, genoeg tyd op die program en deursettingsvermoë sal jou kind sukses behaal
  • Leerder moet ‘n positiewe ingestelheid hê teenoor wetenskap
  • Vertel altyd vir jou kind “Jy Kan Wetenskap Doen”
  • Maak seker jou kind raak NOOIT agter met wetenskap nie
  • As jou kind nie iets regkry met die eerste probeerslag nie, beteken dit nie dat hy of sy nie wetenskap kan doen nie
  • Moedig jou kind aan om deur vorige jare se Fisiese Wetenskap vraestelle te werk om seker te maak hul kan die vraestel in die voorgeskrewe tyd voltooi
HOEKOM IS FISIESE WETENSKAP BELANGRIK?
  • Fisiese Wetenskap is ‘n vereiste vak vir baie tegniese beroepe, asook mediese velde
  • Die verstaan van basiese wetenskap maak die tegnologies gevorderde wêreld minder vreesaanjaend
  • Fisiese Wetenskap help ‘n mens om logies te dink en te redeneer
  • Sukses in Fisiese Wetenskap bou selfvertroue
  • Fisiese Wetenskap open deure vir wyer beroepskeuses
HOEKOM IS FISIESE WETENSKAP ‘N UITDAGING?
  • Fisiese Wetenskap bou op vorige kennis en daar is dikwels gapings in basiese kennis
  • Selfvertroue ontbreek by leerders wat te skaam is om hulp te vra
  • Groot klasse maak dit moeilik om individuele aandag te skenk
  • Onderwyser moet teen ‘n vinnige tempo werk om die volle kurrikulum te voltooi
  • Leerders raak agter omdat daar nie genoeg tyd is vir die vaslegging van feite nie
  • Vol buitemuurse skedules maak dit moeilik om geskeduleerde ekstra klasse in te pas
  • Fisiese Wetenskap ekstra klasse is baie duur
HOEKOM DIE NAAM YOUCANDOSCIENCE?
Ons glo dat enigeen met die korrekte onderrig, ‘n aanvaarbare hoeveelheid werk en positiewe ingesteldheid, wel fisiese wetenskap kan bemeester.

KOM ONS LEER SAAM!

Enige tyd toegang tot video lesse, notas en toetse.
BEGIN NOU LEER!